Foto’s: Madiba lê in staatsie

'n Emosionele president Jacob Zuma en sy vrou Bongi Zuma by Mandela se kis. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

‘n Emosionele president Jacob Zuma en sy vrou Bongi Zuma by Mandela se kis. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die oorskot van oud-pres. Nelson Mandela het Woensdagoggend om 08:00 by die Uniegebou in Pretoria aangekom waar hy vir drie dae lank in staatsie gaan lê. Sy familie en afgevaardigdes het ‘n spesiale seremonie en diens gehou voordat die publiek sy oorskot kon besigtig.

Mandela se liggaam gaan elke dag tot Vrydag in ‘n konvooi van 07:00 tot 08:00 van 1 Militêre Hospitaal deur Pretoria se middestad na die Uniegebou geneem word. Die publiek kan Woensdag vanaf 12:00 tot 17:30 ook Mandela se liggaam by die Uniegebou se Nelson Mandela-amfiteater aanskou.

Sy liggaam kan tot Vrydag besigtig kan word. Geen selfone of kameras word toegelaat nie. Nagenoeg 2 000 mense per uur word verwag. Slegs busse word by die Uniegebou toegelaat. Klik hier om te kyk waar die parkeer-en-ry-gebiede is vanwaar mense met busse na die Uniegebou aangery sal word.

Die foto’s is deur die regering se kommunikasie-afdeling, GCIS, beskikbaar gemaak.

[ngg_images gallery_ids=160 display_type=”photocrati-nextgen_basic_thumbnails” number_of_columns=”4″ gallery_width=”600″ gallery_height=”400″]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize Mans ·

Plaas dat hulle n foto neem,wat die wat nie kan kom kyk nie,ook sy gesig kan sien.

AmY ·

Ons ‘gewone mense’ gaan seker glad nie die foto sien nie. Kameras word mos verbied???

stephanie ·

Ek voel jammer vir Graca, sy moet haar man met almal deel, geen private afskeid vir haar, als so in publiek se oog, so polities en protokol korrek.

Eksenet ·

Wonder net hoe het no.1 besluit om vir Bongi saam te vat. Hoe het hy sy keuse gemaak, tussen al die ander vrouens?

Nessa ·

Stephanie ek stem. So iets wil mens in die stillegeid afskeid neem sy moet rou waar ten talle duisendes haar kan sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.