Maljan, ʼn waaghalsige hanswors en aanbieder van JacarandaFM, was die afgelope naweek beslis nie Bangjan nie. Hy het Sondag vir liefdadigheid saam met ʼn groot Bengaalse tier, Nonyx, in ʼn hok by Mystic Monkeys-dieretuin toegesluit te word.
Maljan moes in die tierhok by Mystic Monkeys, naby Rust de Winter in Limpopo, bly staan totdat iemand genoegsame ‘borg’ betaal het voordat hy kon uitkom. Al was hy in ʼn stadium vreesbevange, het hy kalm gebly en sy man gestaan. Hy het later by die “makker” diere gaan inloer en hulle gaan vertroetel. Dawie Roodt, bekende ekonoom en aanbieder van die program Ontbytsake, en ander bekendes is ook tydens die liefdadigheidsgeleentheid “toegesluit”.
Mystic Monkeys is ʼn dieretuin wat hulle beywer om wilde en bedreigde dierespesies te beskerm. Hulle versorg onder andere wit leeus, wit tiere en Bengaalse tiere. Daar is ook verskeie aap- en voëlspesies en sjimpansees.
[nggallery id=80]