Foto’s: Man ongedeerd na koedoe motor tref

ʼn Man van Thohoyandou het ʼn noue ontkoming gehad nadat ʼn koedoe sy motor getref en dwarsdeur die motor getrek het en by die agterruit uit is.

Beeld berig dat Asi Ligege Saterdag op pad was na Oudtshoorn toe die ongeluk plaasgevind het. ʼn Deel van die motor se dak is ook uitgeruk en die koedoe is op slag dood. Ligege het geringe beserings opgedoen en kon daarin slaag om sy motor veilig aan die ander kant van die pad tot stilstand gebring. Dave D’Aguiar was een van die eerste mense op die toneel en het fotos’ geneem van die ongeluk. Maroela Media is ook in besit van die foto’s wat deur D’Aguiar geneem is.

Lees die volledige storie hier.

WAARSKUWING: Die foto’s kan sensitiewe kykers ontstel

Die foto’s is geneem deur Dave D’Aguiar.

[nggallery id=27]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.