Foto’s: Man sterf, vrou beseer in ‘sluipmoordaanval’

ʼn Man is Woensdagoggend dood en sy vrou ernstig beseer na ʼn beweerde sluipmoordaanval in Meadowdale in Germiston aan die Oos-Rand.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Katlego Mogale, sê die 39-jarige man het Woensdagoggend sy vrou by haar werkplek in Hermanstraat afgelaai toe die voorval plaasgevind het. “Drie mans in ʼn silwer Renault met donker vensters het op die man en sy vriendin losgebrand voor hulle van die toneel gevlug het.” Die man is op die toneel dood terwyl sy vrou in ʼn ernstige toestand na die Rose Acres-hospitaal geneem is vir behandeling. Mogale wou nie bevestig of dit ʼn sluipmoordaanval was nie en sê die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Mogale wou ook nie kommentaar lewer op berigte dat die man deel was van die Dogan-bende wat die afgelope paar jaar beskuldig is van bendegeweld in Reigerpark in Boksburg nie.

[nggallery id=30]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.