Video en foto’s: Man vas ná hy glo 10-jarige aanrand

Angelique se beserings Foto verskaf

Angelique se beserings Foto verskaf

‘n Video en nog ‘n foto volg onderaan die berig. ‘n Senior beampte van korrektiewe dienste is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy op 9 Desember glo ʼn 10-jarige dogtertjie aangerand het, het die polisie aan Maroela Media gesê.

Zwandile Mkhuma het op 9 Desember Angelique Meintjies (10) na bewering met sy gordel geslaan nadat sy, haar sussie en ʼn maatjie sampioene gepluk het voor sy huis op die gronde van die departement van korrektiewe dienste in Boksburg.

“Angelique en haar tweelingsussie loop gereeld voor die man se huis verby,” het Eben Meintjies, Angelique se pa, aan Maroela Media gesê. Die gesin woon ʼn paar huise van die beskuldigde se huis af. “Hulle het die oggend weer verby sy huis geloop en van die wilde sampioene, wat op die sypaadjie groei, uitgetrek. Die man het uit die huis uit gestorm en wou weet wat hulle maak.” Twee van die dogtertjies kon weghardloop, maar Mkhuma het Angelique glo in die hande gekry en haar met sy gordel begin slaan.

Die saak is op 10 Desember reeds by Dawnpark-polisiestasie aanhangig gemaak, maar volgens Meintjies het die polisiestasie met die saak gesloer.

Kol. Mabena, ʼn woordvoerder van die polisiestasie, het Woensdag aan Maroela Media bevestig die saak is oopgemaak, maar die beampte is eers vanoggend in hegtenis geneem. “Hy is dadelik hof toe en sal vandag nog in die Vosloorus-landdroshof verskyn,” het Mabena gesê.

Nog ‘n foto volg onderaan die video.

Die volgende insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

Angelique se beserings Foto verskaf

Angelique se beserings Foto verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Eben ·

Mooi so Zwandile Mkhuma nou gaan jy bars. Ek hoop Eben Meintjies trek jou kaal uit want hier gaan die belastingbetaler nie betaal, maar jy in jou persoonlike hoedanigheid. Sien uit om te lees hoeveel duisend jy gaan betaal. Die Meintjies gesin kan daar geldjies goed gebruik oor die kersseisoen.

Kol. Mabena vertel ons hoekom is daar in die eerste plek niks gedoen aan die saak? Kom kom ou grote vertel ons hoekom is die polisie weer slapgat!

Willy ·

Eben Meintjies moes sommer Mkhuma ook met daardie einste belt bygekom het. Hoop die Meintjies gesin se eis is groot dat Mkhuma in die toekoms twee keer sal dink.
Gou gesond word Angelique.

Karin ·

As daardie my kind was, was daardie man in die lykshuis en ek in die tronk.

Jasper ·

Ek weet mens moet koelkop bly, maar as hy dit aan my kind gedoen het was ek voor hom in die tronk en hy in I. C. U.

bernadine ·

mmmmmm wys jou net di s.a.p kani hul werk doen ni…ek sal hom aanrand ek belowe as dit my kind was…

Anja ·

Kom ons kyk of geregtigheid gaan seevier. Mkhuma, dit was laaste. Gaan hierdie saak dophou tot die einde

dorothy ·

Dit was nie nodig om ‘n kind so aan te val. Al het sy oortree op jou erf kon jy haar ouers genader het oor die saak. Jy kan mos vir jouself dink jy plaas alles op die spel. Ek dink jy verdien dit om gestraf te word. Miskien moet jy ook so ‘n pakslae ontvang om te voel hoe seer (daardie) kind moes kry.

martie ·

Geen kind verdien dit om so aangerand te word nie,bring hom tot sy kniee’ Mag die Here die dogertjie vertroos en styf vas hou in sy arms. Baie sterkte hoop geregtigheid geskied.

Dudley ·

Magtig,as dit my dogter was het sy huis gebrand,en ja ek sal dan v baie aanklagtes in tronk wees,ek sal die een met valkoge volg!

Suzy ·

Mag hy duur betaal vir dit wat hy Aan n kind Gedoen het. Hy is mos n volwasse persoon en moes van beter gewete het. Maar hulle ag hul self mos bo die gereg! Mag hy betaal om n onskuldige kind so Aan rand soos n krimineel!!!!! Geen mens verdien om so behandel te word nie.

johann ·

So n lae VARK! Hoop die drek kry wat hom toekom, dis tyd dat ons blankes ons slegtigheid laat staan en ons land terugvat. Hulle het ons nou genoeg belieg, besteel en vermoor.

annerie cilliers ·

Hy kan baie baie bly wees dit was nie een van my kinders nie hy sal saam met die bandiete bly wat hy moet oppas as ek met hom klaar is ! Genade dis kinders hulle speel en dis vakansie was dit nou regtig nodig ! Ek is bly die SAPD het wakker geskrik net jammer dat iets eers die TV moet haal terwyl die saak al die 10 de aangemeld is . Sterkte vir die gesin .

Hanna ·

Jy lyk na n regte sadis;
Jy behoort n voorbeeld te wees met jou hoe range.maar hoop jy verloor dit binnekort.
Dis mos net rasiste wat so teen blankes optree!
Sterkte aan die dogtertjie
Eben. Jy moet nie rus met die man,voordat jy nie jou sin gekry het met hom nie !!!

Danie ·

Enigiemand wat n klein dogtertjie so aanrand is n sadis,dit is verseker.Kyk hoe lyk die arme kind.As dit my dogter was ,sou ek kop verloor het,dan was ek ook in die tronk.Dankie aan Afriforum wat self die verklarings afgeneem het,want die Polisie kon dit blykbaar nie doen nie.Ek bewonder die mense van Afriforum,wat opgestaan het om hul mense se regte te verdedig.Maar hulle het fondse nodig om mense aan te stel en hofsake te maak.As soveel as moontlik mense aansluit en n lede geld betaal wat hulle kan bekostig,kan daar n sterk organisasie wees wat ons mense se regte verdedig,en mense help soos die Meintjies gesin.Ek het reeds aangesluit as betalende lid en as ek die werk sien wat Afriforum doen,is ek bly ek het.Kom ons maak Afriforum n organisasie met n miljoen lede!

Louis ·

Hier in Saudi waar ek bly, is so iets meer as genoeg rede om onthoof te word of 5000, ja, 5000 houe met sambok. Bietjie Saudi geregtigheid sal Suid Afrika die Wêreld se Goed doen!

maryke ·

hy moet eenvoudig n voorbeeld gemaak word,en dis baie duidelik hoekom die polisie nie Derek hom gaan arresteer het nie,hulle is mos onaantasbaar

Rouvain ·

Ons as ouers het n beperking deur die staat oor hoe ons ons kinders mag tug, wie gee die persoon die reg om die reg in sy eie hande te neem en wat teen die wet is om n kind wat minderjarig is so aan te rand.
Mag jy vergewe word vir dit wat jy gedoen het, en mag die wet sy gang gaan, en mag dit n voorbeeld wees vir alle mense wat kinders aanrand met die doel om hulle ernstig te beseer.

Alan ·

Is daar iewers n slim regsman wat die Meintjiese verniet sal bystaan met regshulp?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.