Die oorskot van oud-pres. Nelson Mandela het Woensdagoggend om 08:00 by die Uniegebou in Pretoria aangekom waar hy vir drie dae in staatsie gaan lê.
Mandela se liggaam gaan elke dag tot Vrydag in ʼn konvooi van 07:00 tot 08:00 van 1 Militêre Hospitaal deur Pretoria se middestad na die Uniegebou geneem word. Die publiek kan Woensdag vanaf 12:00 tot 17:30 ook Mandela se liggaam by die Uniegebou se Nelson Mandela-amfiteater aanskou. Klik hier vir meer inligting oor die konvooi se roete, asook inligting oor die parkeer-en-ry-gebiede vir die die publiek, aangesien slegs publieke busse daar toegelaat gaan word. Geen kameras of selfone gaan by die amfiteater toegelaat word nie. Nagenoeg 2 000 mense ʼn uur word verwag.
Intussen is honderde polisebeamptes en soldate by die Uniegeboue ontplooi om seker te maak die gebied is beveilig.