Foto’s: Maria Sharapova-lekkertjies nou beskikbaar

Die Russiese tennis-ikoon, Maria Sharapova, het haar eie reeks lekkergoed bekendgestel.

Sharapova (25), wat hierdie jaar se Franse Ope gewen en ‘n silwer medalje by die Olimpiese Spele in Londen ingepalm het, noem die lekkergoed “Sugarpova” en van die lekkertjies is in die vorm van ‘n tennisbal. “My doel was om lekkertjies te maak waarvan ek hou en waarvan meisies soos ek sal hou,” het sy in New York by die bekendstelling gesê.

Die jellie-lekkertjies is in 12 verskillende soet en suur geure beskikbaar met name soos Sporty, Cheeky en Flirty. Volgens Sugarpova se webwerf sal die winste verdien uit die lekkergoed aan welwillendheidsorganisasies geskenk word.

Sharapova is die wêreld se hoogsbetaalde vroulike atleet. Produkonderskrywings ingesluit, het sy reeds sowat $22 miljoen in die eerste ses maande van dié jaar verdien.

Klik hier om die webwerf te besoek.

‘n Video oor die bekendstelling volg na die foto’s.

[nggallery id=68]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.