Foto’s: Media nie in hof toegelaat vir Malema-jaagsaak

Julius Malema by die hof. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema by die hof. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die media is Woensdag in die Vanderbijlpark-landdroshof verbied waar Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), verskyn het op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur en dat hy die spoedgrens verbreek het.

Veiligheidswagte by die deur het aan die media gesê hulle is opdrag gegee om niemand in die hof toe te laat nie.

Die polisie het Malema deur ʼn agterhek by die hof ingelaat.

Hy het net vlugtig in die hof verskyn en die saak is tot 28 Februarie uitgestel.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het nog nie kommentaar gelewer oor die voorval nie.

Veiligheidswagte by die deur. Foto: Werner Beukes/SAPA

Veiligheidswagte by die deur. Foto: Werner Beukes/SAPA

Talle van Malema se ondersteuners het buite die hof gedans en sing. EFF-lede, geklee in rooi barette en T-hemde, het plakkate van Malema rondgeswaai terwyl hulle gesing het.

Malema is op 19 Desember in hegtenis geneem nadat hy op die N1 in die Vaal teen 215km/h in ʼn 120km/h-sone gery het. Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Steve Hofmeyr is op dieselfde aand as Julius Malema in hegtenis geneem vir ʼn spoedoortreding. Hofmeyr het 169 km/h in ‘n 120 km/h-sone op die N4 gery en is op borgtog van R500 vrygelaat. Hy het op 23 Januarie weer in die hof verskyn en is ʼn boete van R10 000 opgelê. Sy rybewys is nie opgeskort nie. –SAPA

Malema-ondersteuners buite die hof. Foto: Werner Beukes/SAPA

Malema-ondersteuners buite die hof. Foto: Werner Beukes/SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.