Prof. Marcus Byrne, ʼn wetenskaplike aan Wits Universiteit, het die tweede Suid-Afrikaner geword toe hy Donderdagaand tydens die 23e jaarlikse IG Nobelprys-sermonie ʼn toekenning ontvang het vir sy navorsing oor miskruiers.
Byrne en sy kollega van Lund Universiteit in Swede het dié prys in sterrekunde en biologie ontvang nadat hulle ʼn studie gedoen het oor miskruiers.
Byrne en sy span het spesiale hoede en steweltjies vir miskruiers ontwerp en hulle daarmee geklee. Daardeur is ondermeer bewys dat hulle die Melkweg vir oriëntasie gebruik (lees meer hier), asook dat hulle op hul misbolle klim om hul liggame af te koel as hulle dit van mededingers van ʼn bol mis weggerol het (lees meer hier).
Volgens Byrne is hy en sy span baie trots met die eer wat hulle toegestaan is. “Ons hoop dat dit die boodskap aan die algemene publiek versprei dat wetenskap nie droog en vervelig is nie, maar eintlik groot pret is!” het hy gesê.
Suid-Afrika se vorige wenner van ʼn IG Nobelprys vir vrede is in 1999 aan Charl Fourie en sy oorsese kollega Michelle Wong toegeken nadat hulle ʼn alarm vir voertuie ontwerp het, wat ook vuur kan spoeg. (Lees meer hier).
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Dis baie interressant ! Geensins vervelig. Wonderlik om iets positiefs te lees vir ‘n verandering.
***
Op Praag is daar ook ‘n paar miskruiers … en op Maroela ook !
Baie interessant.
Kan mens nie die goggies inspan om al die bollie wat daar in die parlement uitgedink en gepraat word op te ruim nie ?
JAVR – KOM TERUG !!!!!!