Foto’s: Miskruiers sorg vir IG Nobelprys vir Wits-prof

miskruier hoedProf. Marcus Byrne, ʼn wetenskaplike aan Wits Universiteit, het die tweede Suid-Afrikaner geword toe hy Donderdagaand tydens die 23e jaarlikse IG Nobelprys-sermonie ʼn toekenning ontvang het vir sy navorsing oor miskruiers.

Byrne en sy kollega van Lund Universiteit in Swede het dié prys in sterrekunde en biologie ontvang nadat hulle ʼn studie gedoen het oor miskruiers.miskruier stewels

Byrne en sy span het spesiale hoede en steweltjies vir miskruiers ontwerp en hulle daarmee geklee. Daardeur is ondermeer bewys dat hulle die Melkweg vir oriëntasie gebruik (lees meer hier), asook dat hulle op hul misbolle klim om hul liggame af te koel as hulle dit van mededingers van ʼn bol mis weggerol het (lees meer hier).

Volgens Byrne is hy en sy span baie trots met die eer wat hulle toegestaan is. “Ons hoop dat dit die boodskap aan die algemene publiek versprei dat wetenskap nie droog en vervelig is nie, maar eintlik groot pret is!” het hy gesê.SAMSUNG DIGITAL MOVIE

Suid-Afrika se vorige wenner van ʼn IG Nobelprys vir vrede is in 1999 aan Charl Fourie en sy oorsese kollega Michelle Wong toegeken nadat hulle ʼn alarm vir voertuie ontwerp het, wat ook vuur kan spoeg. (Lees meer hier).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trippie ·

Dis baie interressant ! Geensins vervelig. Wonderlik om iets positiefs te lees vir ‘n verandering.

***

Op Praag is daar ook ‘n paar miskruiers … en op Maroela ook !

JAVR ·

Ek stem met jou saam Trippie! Ek is so vies vir die hele spul dat ek liewer maar gaan afsny van die twee vir ‘n wyle. Hopelik bedank die po.phol wat se vingertjie so knoppie verskrik is sodat as ek EENDAG weer terugkom kan ons weer gesels. Dit was baie aangenaam om met jou en die ander van die span te gesels en vir die ander dro..e wat met klappies op die bakkies rondloop…vlieg hel toe.

CHEERS!!!!!!!!!!!!!!!!

Willy ·

JAVR moet jou nie steur aan dié wat ons rapporteer nie.
Ons soek jou terug seblief!!

Jasper ·

Baie interessant.
Kan mens nie die goggies inspan om al die bollie wat daar in die parlement uitgedink en gepraat word op te ruim nie ?

Angelus ·

Inderdaad! Vernaam as hulle van die parlementslede in die bollie kan toerol en hulle daarin verseel! LMGA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.