Foto’s: MK-veteraan vermis ná hy gaan swem

Foto’s: Netcare 911

Mduduzi Mdletshe, ʼn veteraanleier van Umkhonto we Sizwe (MK), word sedert Sondag vermis nadat hy in die Inanda-dam in KwaZulu-Natal gaan swem het.

Craig Lambinon, ʼn woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het Dinsdag gesê ʼn grootskaalse soektog is na Mdletshe onderweg en daar word vermoed dat hy verdrink het. Mdletshe het Sondag saam vriende en familie tyd op ʼn boot spandeer toe hulle die middag in die dam gaan swem het.

Mdletshe het in die moeilikheid beland, om hulp geroep en onder die water verdwyn. Sy vriende het tevergeefs na hom probeer gesoek en later hulp ontbied. Die NSRI-Durban, die polisie, die polisie se soek- en reddingspan, honde-eenheid en paramedici van Netcare 911 is by die soektog betrokke.

Volgens die Mercury het Mdletshe verlede jaar die nuus gehaal toe hy in die pad wat na pres. Jacob Zuma se woning lei, gelê het om te verhoed dat Helen Zille, leier van die DA, die plek kan besoek.

[nggallery id=102]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.