Foto’s: Moloto-busongeluk: Putco, regering betuig meegevoel

Foto: Lirandzu Themba ‏@LirandzuThemba / Twitter

Die ongeluktoneel. Foto: Lirandzu Themba ‏@LirandzuThemba / Twitter

Die regering en die busmaatskappy, Putco, het Dinsdag hul meegevoel betuig vir die naasbestaandes van die 29 slagoffers wat laat Maandagaand dood is nadat ʼn bus en ʼn vragmotor mekaar reg van voor op die berugte Molotopad getref het.

Romeo More, die woordvoerder van Putco, het gesê die maatskappy sal sy volle samewerking aan die polisie gee om die oorsaak van die ongeluk te bepaal. Hulle het ook bevestig hulle sal finansiële bystand bied aan die families van die slagoffers om hulle te begrawe.

'n Trok wat beet vervoer het, was in die botsing betrokke. Foto: eNCA / Twitter

‘n Trok wat beet vervoer het, was in die botsing betrokke. Foto: eNCA / Twitter

Phumla Williams, adjunk uitvoerende hoof van die regering se kommunikasie-afdeling (GCIS), het gesê die regering is ontstel oor die verlies van lewens in hierdie tragiese voorval. “Ons gedagtes en gebede gaan aan die slagoffers en die beseerdes se families en vriende. Ons wens die beseerdes ʼn spoedige herstel toe,” het Williams gesê.

Minstens 29 mense is dood en 30 het beserings opgedoen in die ongeluk wat naby Kwaggafontein, 100km oos van Pretoria, plaasgevind het.

Die pad was nog teen Maandagoggend vir verkeer gesluit terwyl polisiebeamptes die toneel ondersoek en opruimingswerk gedoen word.

Een van die pasiënte word bygestaan. Foto: The New Age / Twitter

Een van die pasiënte word bygestaan. Foto: The New Age / Twitter

Vusi Shongwe, Mpumalanga se LUR van veiligheid en sekuriteit, het Maandag gesê die pad is in ‘n perfekte kondisie en dat die ongeluk ʼn menslike fout is.

Die Moloto-pad is berug vir sy talle noodlottige ongelukke. Ongeveer 50 000 mense gebruik daagliks dié roete om by hul werk in Pretoria uit te kom. Die pad is smal en vol slaggate en ongeveer 635 busse maak daagliks van die pad gebruik. Altesaam 18 mense is verlede maand in ‘n ongeluk op dié pad dood.

Lees ook:
PTA-busongeluk eis 29

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Daan ·

Putco gaan nog baie finansiële bystand moet bied in die toekoms want van daardie busbestuurders is onopleibaar.

leon ·

Daan ek wonder hy ooit n licence gehad het en waar hy hom gekry het. Is hy ooit van Suid afrika.

Daan ·

Leon hulle is in dieselfde kategorie as die vragmotor en taxibestuurders.

sylvia ·

Soos wat daar gese is is dit die trok drywer se skuld nie die bus drywer nie. Hkm maak hulle nie daardie pad breer en veiliger nie ma onnodige paaie word reg gemaak.

natascha ·

Nee wat die regering gaan terug kap dat e-tol gelde gebruik sal word om sulke paaie te verbeter terwyl ons almal weet dat daai geldjies by die naaste Nando’s uitgegee gaan word terwyl nog lewens ge-eis word!

leon ·

Natacsha, jy vat die woorde uit my mond. As hulle die paaie regmaak waar gaan hulle geld kry om hulle bank balans op te stoot. Hulle pocket miljarde rande.

Gideon Erasmus ·

Iemand het nou die dag ‘n opmerking gemaak, elke keer wanneer so bus of taxi ongeluk plaasvind moet mens net kyk dan is daar ‘n boer iewers vermoor. Dalk moet die taxi verenigings en busmaatskapye ‘n beroep doen onder die misdadigers om hulle te weerhou om blankes te vermoor, hulle mag dalk net verbaas wees oor die gevolg.

Piet ·

Dink die joernaliste ooit wanneer hulle ‘n berig skryf ? Ons lees dat die ongeluk Maandagaand plaasgevind het, maar “Die pad was nog teen Maandagoggend vir verkeer gesluit terwyl polisiebeamptes die toneel ondersoek en opruimingswerk gedoen word.”
En wie is nou reg ? Want ons lees weer :
“Vusi Shongwe, Mpumalanga se LUR van veiligheid en sekuriteit, het Maandag gesê die pad is in ‘n perfekte kondisie” Maar in die volgende paragraaf staan daar : “Die Moloto-pad is berug vir sy talle noodlottige ongelukke. Die pad is smal en vol slaggate.” Beslis ‘n verskil van opinie tussen die LUR en die motoriste (50 000) wat elke dag die pad gebruik.
Dankie tog vir ‘n president wat so vasbeslote leiding gee : “Hierdie talle ongelukke en padslagting moet NOU tot ‘n einde kom !!!!!!!!!” Net jammer dat hy nie sê hoe nie.
Maar ons treur saam met hulle wat agterbly en geliefdes mis. Die leed en die hartseer sal ons nooit kan verstaan nie. Ons bid vir hulle.

Dawie ·

Piet jy is so reg met jou kommentaar. Vusi Shongwe is doodreg oor die kondisie van die nuut herstelde pad met bree padskouers, spoedbulte en stoptekens om spoed laag te hou – 80km/h al die pad vanaf Pretoria, met radar en al. Maar waar die taxis’s en busse opdroog anderkant Moloto word die pad wel baie slegter, smaller, geen skouers en meesal Boere van Marble Hall. Die swakker pad kan nou skielik 100km/h hanteer want daar is dan nie meer ongelukke nie !!!

Lee ·

Hier is net ‘n paar van my persoonlike opinies:
of dit die berugte Moloto pad is, of Thabazimbi pad vol slaggate,
of steil afdraende pad in KZN, of enige ander pad in besige dorp is nie…
die padgebruikers en motoriste se houding moet verander.
Niemand het meer respek vir ‘n rooilig, fietsryers, stopstrate, sperstrepe, spoed ens nie.
Om nie eers te praat van al die wetteloosheid met lisensies, boetes, omkoopgeld (tjo-tjo’s)
onpadvaardige voertuie.
Die mens se nare gedrag is in beheer…ons moet almal mekaar respekteer…. en harder probeer

cindy ·

Dit sal nie help om vinger te wys na wie om vir die ongeluk te blameer nie. Ons by Pta aktekantoor het n kollega in daardie ongeluk verloor. Ons har..te bloei. Hy was nie net ‘n kollega nie maar n vader,’n seun,’n staatmaker en nog vele ander. Ons almal moet ons hand in eie boesem steek en net leer om bedagsaam te wees wanneer u bestuur. bestemings uit tte kom,so divolgende keer as u nie die padreels gehoorsaam nie,dink net bietjie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.