Foto’s: Motorfietspassasier sterf ná vragmotor oor haar ry

Foto: Louis Jordaan, ER24

Foto: Louis Jordaan, ER24

Nog foto’s volg onderaan die berig. ʼn Vrou is Donderdag in Wynberg, Kaapstad, dood nadat ʼn instandhoudingsvoertuig oor haar gery het nadat sy van ʼn motorfiets afgeval het.

“Die vrou, in haar vroeë 20s, was ʼn passasier op die motorfiets toe hulle Donderdag ʼn stilstaande voertuig getref het,” het Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, gesê. “Sy het tydens die impak van die motorfiets afgeval en ʼn instandhoudingsvragmotor het oor haar gery toe sy in die pad gelê het.”

Sy is op die toneel in Rosemeadlaan, Wynberg, dood verklaar.

Die bestuurder van die motorfiets, ʼn 27-jarige man, is met impak oor die stilstaande voertuig geslinger. “Hy het sy been erg gebreek en is na die Groote Schuur-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Majija gesê.

Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie, maar is vir skok behandel.

Die stilstaande voertuig Foto: Louis Jordaan, ER24

Foto: Louis Jordaan, ER24

Paramedici op die toneel Foto: Louis Jordaan, ER24

Paramedici op die toneel Foto: Louis Jordaan, ER24

Foto: Louis Jordaan, ER24

Foto: Louis Jordaan, ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stan Bezuidenhout ·

Mense verstaan nou eenmaal net nie die dinamika van bewegende voorwerpe nie.

Sodra mense begin om te verstaan dat enige voertuig in beweging sal aanhou beweeg totdat iets dit stop, tensy daar geen obstruksies is nie, sal hulle meer spasie begin toelaat om te stop.

As ek kyk na daardie foto sien ek drie goed:

Skade aan voertuig en posisie : Voertuig was in sy baan en het stadiger beweeg (van agter getref).

Motorfiets skade en posisie : Motorfiets het redelik vinning gery. Dit kan ‘n probleem wees.

Fotos: Ongelukkig kan ons nie bepaal of stopligte van motor gewerk het, of hulle aan was, hoe ver motorfiets was toe voertuig gestop het of waar (presies) die passassier (agterop) gaan lê het na die botsing en voor daar bo-oor haar gery is nie.

Ai, as verslaggewers maar net bietjie ook iets kan leer van getuienis!

Lekker dag.

Sune van Heerden ·

Dagsê Stan,

Volgens die persverklaring wat ons van ER24 af ontvang het, het die motorfiets ‘n stilstaande motor getref.
Die res van die besonderhede sal deur die polisie ondersoek word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

GawieM ·

Ai ou Stan ken jy die omstandighede om al daardie stellings te wil maak. Sien jy probeer intelligent lyk, maar eindelik slaan jy jou naam met ‘n plank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.