Foto’s: Mpuma-polisie soek dié drie voortvlugtendes

Mduduzi Nkosi

Mduduzi Nkosi

Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur nadat drie verhoorafwagtende gevangenes op 26 November uit polisieaanhouding in Middelburg, Mpumalanga, ontsnap het.

Die mans is:

* Mduduzi Nkosi (34), wat in hegtenis geneem is vir ʼn reeks kriminele misdrywe soos roof met verswarende omstandighede, moord en ander ernstige oortredings.

* Simphiwe Ngobeni (33), wat in hegtenis geneem is vir die besit van gesteelde eiendom.

Simphiwe Ngobeni

Simphiwe Ngobeni

* Lucky Thabang Mnisi (21), wat in hegtenis geneem is vir diefstal.

Brig. Selvy Mohlala, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê ʼn interne ondersoek word gedoen om te bepaal hoe die mans ontsnap het.

Die polisie versoek mense wat die mans opmerk om lt.kol. Johan Prinsloo by 082 565 7150 of 013 249 1600 te bel.

Lucky Thabang Mnisi

Lucky Thabang Mnisi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

grassie ·

Ek dink die plaasbewoners in Middelburg-omgewing sal nou op hul hoede moet wees want hierdie uitvaagsels gaan sekerlik iewers toeslaan as die polisie hulle nie vining opspoor nie. Die een was reeds in hegtenis vir moord en roof.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.