Foto’s: Munitoria ingeplof

Foto deur die gebruiker @Tshwane2055 op Twitter gelaai

Die stad Tshwane se ou hoofkantoor, die Munitoria-gebou, is Sondagmiddag suksesvol in die Pretoriase middestad ingeplof.

“Die voorgeskrewe veiligheids- en voorkomingsmaatreëls is getref om te verseker dat die inploffing se impak op die nabygeleë inwoners, besighede en diere by die Pretoriase dieretuin verminder word,” het Teddy Habib, woordvoerder van Draco Demolition, gesê.

Twee blokke rondom die gebou is voor die inploffing ontruim.

“’n Nuwe hoofkantoor-gebou kan nou opgerig word,” het Jason Ngobeni, bestuurder van die stad, gesê. “Dienslewering sal deur die oprigting van die nuwe gebou, wat as Tshwane House bekend sal staan, verbeter.”

Tshwane House sal kantoorspasie bied aan 1 500 munisipale werknemers.

Die Munitoria-gebou is in die 1960s gebou en amptelik op 28 Februarie 1969 ingewy. Die struktuur is tydens vier verskillende voorvalle deur ‘n brand beskadig.

Talle inwoners van Pretoria het na die Uniegebou gestroom om die inploffing te sien. Die 44-jarige gebou is omstreeks 12:00 ingeplof.
[nggallery id=141]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.