Foto’s: ʼn Swemmende kameelperd

Dit is nie aldag wat jy ʼn kameelperd in ʼn swembad aantref nie… Maar as jy ʼn gas van die Kilimanjaro Golf and Wildlife Estate, in Tanzanië, is, is dit nie só ʼn ongewone gesig nie.

Mondluli, ʼn 3-jarige kameelperd, kuier gereeld by die personeel wat hom van kleins af met die hand grootgemaak het. By die hotel koel hy ook sommer in die swembad af.

Volgens The Sun probeer dié langbeen ook sokker speel wanneer die oord se poloklub oefen, wat gewoonlik dié perde die skrik op die lyf jaag. Mondluli is die enigste kameelperd op die oord en die personeel is bekommerd dat hy eensaam is. Zummi Cardoso, die oord se bestuurder, skerts dat Monduli dink hy is ʼn kruising tussen ʼn perd en ʼn kuiergas.

 

[nggallery id=48]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.