Foto’s: N3 gesluit na trok-ongeluk

Foto: Netcare 911

Drie mense het ʼn noue ontkoming gehad nadat ʼn vragmotor wat watte vervoer het vanoggend op die N3-deurpad omgeslaan het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die vragmotor het in ʼn suidelike rigting op die deurpad naby Balgowan, KwaZulu-Natal, omgeslaan. Die rede vir ongeluk is nog nie bekend nie. “ʼn Ligte voertuig wat langs die vragmotor bestuur het, was ook in die ongeluk betrokke. Gelukkig is niemand in die ongeluk beseer nie,” het Botha gesê.

Die hoofweg na Durban is naby die toneel vir verkeer gesluit terwyl die toneel opgeruim word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.