Foto’s: Nagwaak vir Wiehan en sy dagmoeder

‘n Nagwaak is Vrydagaand in Delmas vir die 5-maandeoue Wiehan Botes en sy dagmoeder, Magrietha de Goede (66) gehou ná hulle Woensdag vermoor is.

Talle lede van die gemeenskap het opgedaag om met die ouers van Wiehan, Wiets en Rita Botes, te simpatiseer. Die sangeres Corlea Botha het ook spesiaal tydens die geleentheid vir hulle gesing. Dit was ‘n somber atmosfeer en die mense het in klein groepies gestaan en mekaar getroos.

Op een van die plakkate staan geskryf:
Diesel Power voel saam met julle!
Wiehan Botes…
Rus nou sag in die arms van Jesus
Johan gaan sy tjommie vreeslik verlang!!

Mike Bolhuis, private ondersoeker wat deur die Botes-gesin aangestel is, sê die hoofverdagte in die saak is De Goede se tuinier. Bolhuis se maatskappy en die polisie het ‘n grootskaalse soektog van stapel gestuur om die verdagte vas te trek.

[nggallery id=41]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.