Foto’s: Nege beseer in kus-botsing

Foto’s: Netcare911

Nege mense is beseer nadat twee vragmotors en twee bakkies Donderdagmiddag op die N2-deurpad naby Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê dit is in die stadium nog nie bekend wat die botsing veroorsaak het nie.
“ʼn Bakkie met nege passasiers agterop vervoer. Al nege passasiers is van die voertuig af geslinger,” het Botha gesê.

Een persoon is kritiek beseer en die res ernstig. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na die Prince Mshiyeni- en Nkosi Albert Luthuli-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.