Foto’s: Nog geen spoor van vermiste vliegtuig nie

Bryan en Rob Simms Foto: Facebook

Daar is steeds geen spoor van Bryan Simms en sy seun, Rob, nadat hul vliegtuig 28 Oktober oor Mosambiek vermis geraak het nie.

“Ons het van Chimoio af begin soek en toe in ‘n noordoostelike rigting na die Corongosa-reservaat om ‘n roostersoektog te volg,” het die soekspan Vrydag gesê. “Ons noordelikste punt is Casabannana.” Die soekspan kon glo, weens politieke onstabiliteit in die gebied, nie verder noord vlieg nie.

“Ons rooster dek sowat 504 km – ‘n totaal van vier vlugure. Die toestande was soms ‘n uitdaging met turbulensie op lae hoogte bo seespieël, voëlaktiwiteit in die gebied en ‘n sterk dwarswind.”

Die soekspan beplan om Saterdag die intensiewe soektog voort te sit. “Ons sal die soektog dan verder suid van die reservaat en dan meer na Catandica en die Monte Capossa-streek uitbrei.”

Bryan en Rob van Midrand se Beechcraft Baron-vliegtuig het van Uganda onderweg na die Lanseria-lughawe oor Mosambiek vermis geraak.

Lees ook:
Pa en seun soek na vliegtuig vermis raak
Vliegtuig nog soek

‘n Foto van die vermiste vliegtuig. Foto: Facebook

 

Die soekrooster Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.