Foto’s: Nog ‘n betoger sterf in Sasolburg-geweld

Nog ʼn betoger is gister tydens die geweld in Sasolburg dood nadat hy glo deur die polisie geskiet is.

Lt. Gen. Khela Sithole, provinsiale polisiekommissaris, sê die man is dood nadat die polisie en betogers slaags geraak het by die Zamdela-polisiestasie. Hy sê die betogers het die polisie met klippe bestook terwyl ander probeer het om die polisiestasie binne te dring. “Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) sal die voorval ondersoek. As die polisie gaan ons nie daaroor verslag lewer nie.” Minstens 238 mense is reeds in hegtenis geneem nadat die geweld Sondag uitgebreek het. Inwoners het glo betoog oor planne om Sasolburg met die Ngwathe plaaslike munisipaliteit te laat saamsmelt. Richard Baloyi, minister van samewerkende regering, het gister aangekondig dat die plan vir eers op die lange baan geskuif is. Hy het die betogers gevra om die geweld te eindig sodat leerlinge kan teruggaan skool toe en ondernemings weer kan sake doen. ʼn Taakspan is aangestel om inwoners se besware te ondersoek.

ʼn Man is vroeër Dinsdagoggend glo deur ʼn motoris doodgeskiet. Die betogers het glo die pad versper waarna die motoris ʼn vuurwapen uitgehaal en ʼn waarskuwingskoot teen die grond geskiet het. Die koeël het glo die man getref en hy is later in die hospitaal dood. Die polisie ondersoek die saak.

Een van ons Maroela-lesers het die volgende foto’s aangestuur:

[nggallery id=105]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SANETTE HENNING ·

BARBARE geweld en plundery Die opvoeding skemer deur daar is geen hul glo aan vat wat hul toekom Suid Afrika skuld hul dit. Wat het geword van onderhandelinge, Wat het winkels met munisipale besluit te doen??????????? Wat hul nie besef die skade moet iewers verhaal word en dis uit die verbruiker se sak so Zamdela inwoners gaan voort meer sal vrek van die honger!!!!!!!!!!

Laat kaste bye los op betogers Winkeleienaars hou n byekorf agter winkel aan sulke dae plaas korf in winkel gooeiue natuurlike onlus beheer.
Anc se land is buite beheer wanneer gaan regering dit besef!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.