Foto’s: Nóg padskade verwag

Die N2 in Grahamstad ná vloedskade in die gebied Foto: Die foto (van Grocott’s Mail Online) is deur die gebruiker @hiltontarrant op Twitter gelaai

Die Nelson Mandela Bay-munisipaliteit het Saterdag gesê ingenieurs verwag verdere skade aan paaie weens swaar reën regoor die Oos-Kaap verlede week.

‘n Groot gedeelte van die N2-snelweg tussen Grahamstad en Port Elizabeth het weggespoel. Intussen moes die Sandrivierbrug in St Francisbaai ook herbou word, berig EWN. Martie Nel, woordvoerder vir die munisipaliteit, het gesê daar is ook ondergrondse skade aan die paaie aangerig. “Sommige paaie lyk of dit in ‘n goeie toestand is, maar ons is bewus daarvan dat vloede onder die padoppervlak skade aangerig het. Motoriste behoort binne ‘n week of twee krake in paaie raak te sien,” het Nel gesê. Volgens Nel sal herstelkoste later bepaal word.

[nggallery id=84]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.