Foto’s: Noodlottige ongeluk by Klerksdorp-lugskou

Die besonderhede oor die voorval is nog vaag, maar dit blyk of die vliegtuig 'n Albatross L39-vliegtuig was. Die foto is 'n voorbeeld van 'n Albatross L39.

Die lugskou in Klerksdorp is gestaak ná ʼn noodlottige ongeluk Saterdagoggend.

Paramedici is ontbied na ʼn vliegtuigongeluk by die lugskou in Klerksdorp in die Noordwes-provinsie.

Die oorsaak van die ongeluk en die reeks gebeure wat daartoe gelei het, is steeds onbekend en sal deur die burgerlike lugvaartowerheid ondersoek word, berig Arrive Alive. Dit blyk dat ʼn privaat Albatross L39-vliegtuig ʼn ongeluk gehad het terwyl hy ʼn akrobatiese toertjie wou uitvoer. Die vliegtuig het dadelik aan die brand geslaan. Die vlieënier, wat glo meer as 20 000 vlugure agter sy naam het, is oorlede.

Die gebruiker @markstrathmore het die foto op Twitter gelaai

Die foto is deur die gebruiker @cptweather op Twitter gelaai

Foto aan OFM verskaf deur Maritza Durandt

Foto aan OFM verskaf deur Maritza Durandt

Foto aan OFM verskaf deur Frances Swart

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.