Talle Oekraïense burgers vlug te midde van dié land se konflik met Rusland na veiligheid en ontsien geen moeite om te verseker dat hul vierpotige vriende ook na veiligheid gebring word nie.
Mense regoor die land skuil tans onder meer in treinstasies, wat nou as skuilings dien en maak seker dat hulle troeteldiere saam met hulle hier beskerming vind.
Bored Panda.com het foto’s gedeel van Oekraïense burgers saam met hulle honde, katte en selfs papegaaie in skuilings regoor die land.
Kyk hier na nog foto’s.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Almal tel- Is mooi uit die lelike oorlog.
Ten spyte van hul trauma is dit een van die mooiste gebare wat ek in ‘n lang tyd gesien het!!!
Dit sal ook die eerste ding wees wat ingelaai word……of die tweede dan…
Ek weet darem nie of ek dit sou doen nie. Nou vat jou hond spasie op wat vir ‘n ander mens gebruik kon word.
Wat n mooi gebaar…. In SA kan mense nie eers in gewone omstandighede na diere omsien nie… Eindelik n skande