Foto’s: Olie word steeds uit skip in Knysna gepomp

Kiani Satu Foto: theguardian.com

Foto’s volg onderaan die berig.Olie word steeds uit die enjinkamer na hoër gedeeltes van die lekkende skip, die Kiani Satu, gepomp, het die Suid-Afrikaanse maritieme veiligheidsowerheid (Samsa) Donderdag gesê.

Die skip het verlede week naby Buffelsbaai naby Knysna gestrand. “Ons pomp die olie intern van die enjinkamer na ʼn oop spasie om te verseker dat daar niks in die enjinkamer sal wees indien iets met die enjin gebeur nie,” het Nigel Campbell, woordvoerder van Samsa, gesê.

“Die veiligste manier om meer as 300 ton olie uit die skip te verwyder is om dit met plastiekhouers te verwyder,” het hy gesê. Ons sal vandag [Donderdag] ʼn monster van die plastiekhouers van die vervaardiger af ontvang.”

Campbell sê ʼn minimum van 100 helikopterritte na en van die skip sal vereis word om die olie te vervoer. Die vlugte kan ook slegs plaasvind wanneer die weersomstandighede gunstig is.

ʼn Ander moontlikheid om die skip ligter te maak, is glo om sy vrag rys in die see te dompel. “Ons het elke moontlike opsie oorweeg. Dit is een van die moontlikheide wat ons oorweeg,” het Campbell bygevoeg. Dit is ʼn veiliger opsie as om die brandstof in die see te laat.

Campbell het Woensdag gesê die skip het ongeveer 45 grade weg van die kuslyn af beweeg, wat goeie nuus is. Ses reddingsdeskundiges is op die skip om die trektoestelle te monitor sodat dit nie breek nie.

Die 168m-lange vragskip het verlede Donderdag op die rotse beland en die kaptein en sy 19 bemanningslede moes die skip verlaat. Die skip, met sy vrag van 15 000 ton rys en 330 ton olie het glo tydens rowwe seetoestande meganiese probleme ondervind.

Volgens Campbell is 322 mense, insluitend polisiebeamptes, rampbestuur en ander regeringsbeamptes betrokke by die reddingspoging.

[nggallery id=151]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melissa ·

Ek stem, liewers die rys in die see as die olie! Hoop hulle kom reg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.