Foto’s: Ongeluk eis 2; kettingbotsing nog 1

Die eerste ongeluk. Foto: SANRAL TRAFFIC (GP)

Foto: SANRAL TRAFFIC (GP)

Skaars ʼn paar ure nadat twee bejaardes Donderdag in ʼn botsing op die N4-snelweg in die ooste van Pretoria dood is, is twee mense op dieselfde pad beseer in ʼn kettingbotsing waarin vyf voertuie betrokke was.

Maroela Media het Donderdag oor die eerste ongeluk berig. Die twee bejaardes is dood en twee mense is ernstig beseer in die ongeluk wat naby die Watermeyer-afrit plaasgevind het. Die twee bejaardes het in hul voertuig in ʼn oostelike rigting gery toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. “Hul voertuig het oor die middelste versperring gerol, in die aankomende verkeer se baan beland, en ʼn ander voertuig getref,” het Botha gesê. Dié ongeluk het omstreeks 15:00 plaasgevind en het verkeer in die gebied erg vertraag.

Die tweede ongeluk. Foto: LookLocal Pretoria East

Die tweede ongeluk. Foto: LookLocal Pretoria East

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die tweede ongeluk omstreeks 17:00 in dieselfde omgewing plaasgevind.

“ʼn 36-jarige vrou het ook in ʼn oostelike rigting gery en 700m voor die Rossouw-afrit van die pad af gery. Sy het ook oor die versperring gegaan, en teen vier voertuie in die aankomende verkeer in die westelike baan gebots,” het Botha gesê.

“Die vrou is uit haar voertuig geslinger en is aan die kant van die pad aangetref. Sy is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”

Een van die bestuurders in die ander vier voertuie het geringe beserings opgedoen en is na die hospitaal geneem vir waarneming.

Die polisie ondersoek die oorsaak van albei ongelukke. Die ongelukke hou nie verwant nie.

Lees ook:
Foto: Bejaardes sterf in N4-botsing

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

sylvia ·

ja daai persoon wat eintlik die ongeluk veroorsaak het het n u-draai gemaak op die n4 pad toe swaai die vrou uit vir die persoon se voertuig toe verloor sy beheer oor haar voertuig en beland op die karre wat gewag het sodat die pad moet oop gemaak word vir die ongeluk waar die 2 ou mensies dood is. jy sal nooit weet wie daardie persoon was wat n u-draai gemaak het nie want hy weet hy is skuldig. daar was eintlik 7 karre betrokke waarvan 2 karre self gery het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.