Foto’s: Oorstromings in Centurion

Vloedwater Dinsdag by die  laagwaterbrug in Rabiestraat in Centurion. Foto: @metro_brian / Twitter

Vloedwater Dinsdag by die laagwaterbrug in Rabiestraat in Centurion. Foto: @metro_brian / Twitter

Nooddienswerkers en metropolisiebeamptes van die Tshwane-metro in Pretoria moes al die afgelope twee dae bontstaan nadat die Hennopsrivier in Centurion oorstroom het.

Groot dele van Clubview in Centurion is ook oorstroom.

John Wassenaar, ʼn professionele fotograaf, het Dinsdag op ʼn Putco-bus afgekom wat in Lytteltonweg deur vloedwater meegesleur is. “Gelukkig was die busbestuurder alleen in die bus,” het Wassenaar gesê. “Nooddienswerkers moes hulself aan toue vasmaak om by die bus uit te kom om die busbestuurder na veiligheid te bring.”

Dele van die voorstad was Woensdag steeds onder water.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.