Foto’s: Ouma skenk geboorte aan haar kleinkind

Linda Sirois (49) het vroeër dié maand geboorte geskenk aan haar eie kleinseun.

Dit klink dalk ingewikkeld, maar Sirois van Maine, in Amerika, het bloot as surrogaat vir haar dogter, wat aan ‘n hartkwaal ly, opgetree. Weens die hartkwaal is dit nie veilig vir die 25-jarige Angel Hebert om swanger te raak nie. Madden Hebert, wat met geboorte 3.23 kg geweeg het, is op 13 Augustus deur middel van ‘n keisersnee gebore. “Dit was baie eenvoudig,” het Sirois gesê. “Dit was maar asof ek vir ‘n paar maande lank as baba-oppasser opgetree het.”

Sirois het nog altyd aan haar dogter gesê dat sy bereid sou wees om as surrogaat op te tree indien Hebert nie kan swanger raak nie. Hebert en haar 29-jarige man, Brian, het verlede jaar uitgevind dat hulle nie swanger sal kan raak nie.

“Dit was ‘n groot teleurstelling,” het Hebert gesê. “Maar ons het altyd geweet dit is ‘n moontlikheid en dat my ma die heeltyd gesê het sy sal ons kan help.” Oor die bevalling sê Hebert: “Dit was ‘n ongelooflike ervaring.”

Aldus Sirois is dit nie só ongehoord dat ‘n ouma as surrogaat optree nie. “Dit is hulle kind, ek was maar net ‘n kamer om te huur,” het sy geskerts.

[nggallery id=69]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.