Donald en Nancy Featherstone van Fitchburg, Massachusetts in Amerika, trek al vir 32 jaar lank soos mekaar aan.
“Dis vet pret!” het Nancy aan die New York Times in 1997 gesê. “Ons hou daarvan! Maar dit is ook die grootste teken dat ons saam is. Vir my en Donald is dit die belangrikste.” Donald het sy rykdom verdien deur die pienk vlamink-tuinornamente te ontwerp wat jare lank al op grasperke in Amerika pryk.
Donald en Nancy is op 23 Julie 1976 getroud. “Ons was nog altyd saam, dis hoe ons wil wees,” het Donald gesê. Die paartjie het in Desember 1980 begin om dieselfde uitrusting aan te trek. Nancy het al meer as 600 bypassende uitrustings vir hulle gemaak. “Die een wat die oggend eerste by die klerekas kom besluit wat ons aantrek,” het Donald gesê.
[nggallery id=124]
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Pienk flamink – nie ‘vlamink’ nie.
Suné !!!! Vlamink !!!!! Op Maroela !!!
AG NEE REGTIG!!! Dit lyk aaklig.
Oor my dooie liggaam!
Funny!!!