Foto’s: Polisie gaan sjef se keelgryp-foto’s ondersoek

Nigella Lawson

Foto’s volg onderaan die berig. Die polisie in Brittanje sê hulle ondersoek ‘n voorval nadat ‘n koerant foto’s van Nigella Lawson se man, Charles Saatchi, publiseer het waar hy met sy hande om dié bekende sjef se keel staan.

Die Sunday People-koerant het foto’s publiseer van die egpaar se “gewelddadige woordewisseling” wat op 9 Junie by ‘n restaurant plaasgevind het. Saatchi, ‘n bekende kunsversamelaar in Brittanje, het Maandag aan die London Evening Standard-koerant gesê die foto’s is ‘n wanvoorstelling van ‘n “spelerige onderonsie”. “Die foto’s is vreesaanjaend, maar dit laat ‘n baie meer drastiese en gewelddadige indruk van dit wat eintlik plaasgevind het,” het Saatchi, ook ‘n rubriekskrywer vir die London Evening Standard, gesê.

Mark Hutchinson, Lawson se woordvoerder, wou nie kommentaar lewer nie.

Die polisie in Londen sê geen kriminele klag is gelê nie en “’n ondersoek sal gedoen word om die feite te bepaal”, om sodoende vas te stel of ‘n formele ondersoek gedoen moet word.

-SAPA
[nggallery id=140]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.