Foto’s: PTA-“rower” kritiek gewond tydens juwelierswinkel-roof

Foto's: Phillip Bruwer

ʼn Vermeende rower is kritiek gewond na ʼn groep mans Dinsdagoggend ʼn juwelierswinkel by die Elarduspark-winkelsentrum, in Pretoria, wou beroof.

Volgens adjudant-offisier Annabel Middleton, ʼn polisiewoordvoerder, het vier of vyf mans omstreeks 10:00 op die juwelierswinkel toegeslaan. “Die eienaar het drie gewapende mans gesien wat hul wapens op hom gerig en hom wou beroof het. Hy het dadelik sy pistool uitgehaal en twee verdagtes geskiet. Een van die verdagtes is kritiek gewond en is op die toneel behandel,” het Middleton op die toneel aan Maroela Media gesê.

“Die ander mans en beseerde het te voet gevlug. Twee van die mans het glo in ʼn voertuig gespring en weggejaag.  ʼn Derde man is later aangekeer en op kringtelevisiebeeldmateriaal as een van die verdagtes uitgeken wat by die rooftog betrokke was,” het Middleton gesê.

Volgens een van die winkeleienaars by die sentrum is dit die tweede keer dat dié betrokke juwelierswinkel beroof is. “Ons is g*tvol vir misdaad, ek wens meer mense wil die bl*****s skiet,” het hy aan Maroela Media gesê.

Middleton het gesê die mans kan moontlik met ander misdade in die omgewing verbind word. “Dit is nog egter te vroeg om te sê, maar hulle mag dalk verbind word aan voorvalle waar juwelierswinkels beroof is by die Wonderpark-winkelsentrum, Mall@Reds en Woodmead-winkelsentrum,” het sy bygevoeg.

Die Lyttelton-polisiestasie ondersoek die voorval. Die mans gaan waarskynlik van poging tot roof en die besit van ʼn onwettige vuurwapen aangekla word.

ʼn Nooddienswerker het aan Maroela Media gesê hy twyfel of die gewonde man gaan oorleef want hy is in sy kop geskiet en het baie bloed verloor.

Die winkeleienaar is ongedeerd en niks is tydens die voorval gesteel nie. Volgens Middleton sal hy vir traumabehandeling gestuur word. Die openbare vervolger sal ná ʼn ondersoek bepaal of hy van enige misdaad aangekla gaan word.

[nggallery id=56]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Petro Doman ·

Goed gedoen mnr die winkeleienaar! Kopskoot nogal! Miskien sal dit nou die rooi ligte vir rowers laat aangaan dat mense g@tvol is vir hulle en sal nie huiwer om hulself en hulle eiendom SELF te beskerm nie want die POLISIE kan dit in elk geval nie doen nie.

Driekie ·

Ek hoop nie die winkelier word aangekla nie, ons is moeg vir misdaad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.