Foto’s: Ramaphosa soos ʼn koning in Brittanje ontvang

Catherine, die prinses van Wallis, en pres. Cyril Ramaphosa klink ‘n glasie tydens die staatsbanket. (Foto: Aaron Chown/AFP)

Terwyl hy op eie bodem onder verdenking is dat hy ʼn misdaad verbloem het, is koetse vandeesweek blink gepoets en die rooi tapyt behoorlik uitgerol tydens pres. Cyril Ramaphosa se ampsbesoek van twee dae aan die Verenigde Koninkryk.

Maroela Media het vroeër berig dat Ramaphosa koning Charles III se eerste gas op ʼn koninklike staatsbesoek is nadat hy dekades lank ʼn ondersteunende rol gespeel het vir sy ma, Elizabeth II, wat in September vanjaar dood is.

“Koninklike staatsbesoeke is ter bevordering van bilaterale betrekkinge en dien ook as ʼn simbool van respek en van die belangrikheid wat die Verenigde Koninkryk aan sy betrekkinge met ʼn bepaalde land toeskryf,” het Ramaphosa oor sy besoek gesê.

Die president is Maandag deur ʼn Britse militêre erewag ingewag en volg sedertdien ʼn program vol seremoniële prag en praal.

ʼn Geweersaluut is afgevuur terwyl koning Charles III en sy vrou, Camilla, koningin-gemalin, Ramaphosa tydens ʼn seremoniële verwelkoming by die Horse Guards Parade ingewag het.

Die troonopvolger, prins William, nou die prins van Wallis, en sy vrou Kate Middleton, die prinses van Wallis, het ook hier aangesluit om Ramaphosa te verwelkom.

Die koning het sy gas kort daarna in ʼn koetsoptog vir ʼn besoek aan Buckingham-paleis se prentegalery vergesel, waar Ramaphosa volgens die BBC na ʼn foto van koningin Elizabeth II en oudpres. Nelson Mandela by ʼn staatsbanket in 1996 as “lieflik” verwys het.

Koning Charles III en Camilla, die koningin-gemalin, wys vir pres. Ramaphosa die foto van oudpres. Nelson Mandela en koning Elizabeth II. (Foto: Twitter/The Royal Family)

Die nuwe monarg het ook opgemerk dat die president “gelukkig was om albei te kon ken”.

Ramaphosa is daarna genooi om ʼn spesiale uitstalling van items uit die koninklike versameling wat met Suid-Afrika verband hou te besigtig.

Hier het hy ʼn brief gelees wat ʼn jong prinses Elizabeth aan haar ouma, koningin Mary, in 1947 geskryf het tydens die koninklike gesin se besoek aan Suid-Afrika. Sy het haar indrukke van die invaar in Kaapstad se hawe gedeel: “…toe Tafelberg my oog vir die eerste keer vang, kon ek skaars glo dat enigiets so mooi kan wees.”

Ramaphosa het ook ʼn besoek afgelê by die nabygeleë Westminster-abdy, waar hy ʼn krans gelê het by die graf van die onbekende vegter en ook die gedenksteen besigtig het wat vir Mandela in die abdy geplaas is.

Ramaphosa lê ‘n krans by die graf van die onbekende vegter in Westminster-abdy. (Foto: Stefan Rousseau/POOL/AFP)

Ramaphosa het later die Britse parlement toegespreek in die sierlike koninklike galery van die Westminster-paleis en oor die impak van korrupsie in sy land, insluitend die uitwerking wat dit op die presidensie self het, gepraat.

Ramaphosa het later die Britse parlement toegespreek. (Foto: Twitter/The Presidency of South Africa)

Hy het ryk nasies ook aangemoedig om meer kwesbare lande teen klimaatsverandering te help red en verder ook gevra dat meer Suid-Afrikaanse studente toegelaat word om hul nagraadse studies in Brittanje voort te sit.

Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk se handelsbande is Dinsdagaand by ʼn spoggerige staatsbanket versterk waar proteas wat uit versiersuiker gemaak is spesiaal tussen peuselhappies gepronk het.

Die koning het tydens sy heildronk die moeilike nalatenskap van kolonialisme erken en gesê daar is “aspekte van daardie geskiedenis wat diep hartseer ontlok”.

“Ons moet die onregte erken wat ons verlede gevorm het as ons die krag van ons gemeenskaplike toekoms wil ontsluit,” het die koning gesê.

Kate Middleton het oudergewoonte die koppe laat draai tydens haar eerste staatsbanket in haar nuwe hoedanigheid as prinses van Wallis.

Die prinses het ʼn stylvolle wit Jenny Packham-skepping met skouerkussings, ʼn mantelkraag en blink aksente gekies en haar uitrusting met die Lover’s Knot-tiara, ʼn gunsteling van prinses Diana, asook ʼn pêrelarmband wat aan koningin Elizabeth II behoort het, afgerond.

Ramaphosa se besoek is Woensdag voortgesit met ʼn besoek aan die koninklike botaniese tuin sowel as middagete saam met die nuwe Britse premier, Rishi Sunak, by 10 Downing Street.

Ramaphosa sal daarna die koning by Buckingham-paleis groet en terugkeer na Suid-Afrika waar ʼn kragkrisis, klagtes en ANC-leierskapstryd hom inwag.

Bykomende bronne: AFP, BBC, People.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Hy sal seker nou Lord Ramaphosa van Phala-Phala genoem word.

Wondermaarnet ·

Om ponde to “collect” wat hy kan wegsteek in sy banke.

George ·

Albei lande het die moord op boere bevorder, nou klink hul glasies op hul suskes.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat ‘n sirkus. Sy land sink en hy partie saam met daai spul.

JohanEtz ·

Dis blykbaar niks spesiaal nie
Ramaphosa so besoeker aan VK was al so gedagboek en beplan voor die koninging se afsterwe in September. …

Johann ·

Pateties. Kern korrupte leunaar. Staan bakhand namens sy bankrot anargiste tuis terwyl sy polisie minister statistieke aflees sonder enige verandwoording! KLUG!!!!!!!!

Tjaart ·

Hy lyk baie uit plek uit. Seker ongemaklik om die kolonialiste af te kraak en dan as n gas deur hulle met prag en praal ontvang te word.

Bugsby ·

Catherine, nie Kate Middelton nie, het die koppe laat draai. Gebruik tog net die vrou se regte naam asseblief.

Michael ·

Een van die grootste kriminele in Afrika-wat ‘n skande, maar nou ja dis hulle en ander magtige wit rykmense wat hom en sy regime beheer

JohanR ·

Besef Brittanje nie dat die ou is ‘n rampokker, ‘n dief en ‘n skelm?

Delia ·

Die EEF is doodstil oor ons President wat kuier en eet saam met die kolonialiste? Vreemd!

Antie Sarie ·

Hy volg mooi in oom Paul se skoene. Een va die dae is hulle vlaggie weer deel van die nuwe vlag

Andre ·

Iemand gaan sekerlik wel kla dat hy sommer in ‘n buggy moes ry wat deur pêre getrek word.

Parmantige samaritaan ·

Dit is regtig jammer die britte kan nie Afrikaans lees nie. Hulle sal baie minder van ramaphosa hou as hulle kon.

Arthur ·

Drink tee in Buckingham paleis terwyl Suid Afrika in sy maai is. Sies!

miche ·

Pragtige, stylvolle Prinses. Pragtige wit rok by die banket.
Wonder waarvan die groot bloukolle op haar regter-elmboog/arm is?

Wakkerslaper ·

Lê nogal ‘n kransie by die graf van die “Onbekende Vegter”. PPPPFFFTTT! Die anc het nie ‘n idee wat daperheid en eerbaarheid beteken nie….

Lian ·

Hulle was nooit ‘n weermag nie en het in geen veldslag teen gewapende soldate baklei nie. Kon net bomme in civystraat plant

hpven ·

Lian, jy is so reg! Hulle het slegs ongewapende burgerlikes vermoor. Nooit teen die weermag geveg, en hulle doen dit steeds. Al verskil nou keer lande soos daardie die blinde oog….

Antie Sarie ·

Niemand sien deur die sirkus nie. Hy is nie daar om te bedel. SA moet bekommerd wees waarom hy spesifiek genooi was,.

Nettie ·

“Ons moet die onregte erken wat ons verlede gevorm het,…” het die koning gesê.

Regso, mnr die Koning, ons is ene ore.

Begin dalk sommer by julle 1820 se onderdrukking van Afrikaans, Afrikaners en Boere wat tot die Groot Trek uiteindelik gelei het?
Julle aandeel aan die Zoeloe’s se uitwissings van Voortrekkers wat tot Bloedrivier gelei het?
Dan volgende die Anglo-Boereoorlog nr 1 en 2?
Die konsentrasiekampe en “scorched earth” beleid en die magdom diere wat gedood is?
Penkoppe van 9 en 10 jaar oud wat as oorlogsmisdadigers na die eilande toe gestuur was?
Beweeg dan aan na julle invloed op 1910 se Unie-vorming?
Dan 1916 se rebellie?
Volgende 1922 se staking en onderdrukking en julle aandeel?
Dan als vanaf 1966 en veral 1979-1994? Julle VOLLE aandeel?
Als vanaf 1994?

ERKEN dit als, AL die onregte, mnr die Koning. Ons wag. Ons luister.

Daniel ·

Ek wonder darm of die koning darm vir ou Ram gevra het waarom Suid Afrika nou soos n varkhok lyk

Strandloper ·

Charlie Chaplin het omtrent uitgehang om die wereld te beindruk. Mampara gaan dit nou hier ook verwag met elke “our people” toespraak. Dalk die volgende wet wat hy stilletjies gaan deurvoer….

Africangrey ·

Ek is mal oor horsedouvres, snaaks dat daar nie n gereg is varkdoerver nie?

Duskolos ·

Ek neem aan die skaakstel is ‘n geskenk aan die koning en nie aan mnr Ramaphosa nie. Ek sal verbaas wees as hy weet hoe die perd spring.

Pietertjie ·

Die spul leef in hulle eie wêreld. Niks kan hulle skeel nie.

Wakkerslaper ·

Los vlg keer die ou skaakbord as geskenk. Gee eerder al die verslae oor staatskaping, korrupsie, die ondergang van staats instansies soos SAL en Denel en Transnet en Eskom, en die misdaad in SA as geskenk… dalk gaan die buiteland se ogies oop oor waarin hulle SA gedompel het.

Marie ·

Ons land word verkoop aan die hoogste bieër. Ramaphosa moet liewer by die huis ons probleme oplos, nou ry hy in koetse rond. Skande.

Lian ·

Dit gaan meer om die hondjie as die halsbandjie. Brittanje wil nie he SA moet vriende met Putin wees nie, want Brittanje staan op die punt om sy skatte in SA aan Putin af te staan

Pieter ·

Hy is seker daarheen om sy volgende instruksies te kry, hoe om SA verder te verwoes, sodat die pommies hulle hande op ons minnerale kan kry?

Samuel ·

Met die nagraadse studente wat toegelaat moet word in Brittanje, het die SP seker net verwys na swart studente.

Fran ·

Korrupte ANC leier! Watse madalje het hy aan??? Seker vir sy onverskrokke optrede toe hy London toe gevlug het! Siek spul!

RS ·

Wat ‘n groot grap! :) :)

Kate lyk Baie mooi in die wit skepping!

gatgogga ·

Ek hoop ons nar onthou om nie die vloekwoorde wat hy in ons parlement gebruik in opgevoede geselskap te gebruik nie.

Elene ·

BELAGLIK! Terwyl 79 mense per dag verMOOR word in SA. BELAGLIK!!

Piet parys ·

Seker weer bakhand gaan staan by die koloniale want dit is mos al waarvoor koloniale goed is wanneer Afrika kan kry uit hulle uit . Leef sy kultuur uit …..bakhand kultuur…….of het hy sy matras dollars gaan ruil vir ponde

Miena ·

En DIT Mnr. die President is hoe Parlementslede hulle hoflik gedra tydens n Parlementere sitting.
Of sal die spreekwoordelike “Not my Zoo – not my Monkeys” hier geld?

George ·

Jaaaa haat die blankes en die “colonisers” maar gaan bedel geld ne…hy’s n grootter verleentheid vir SA as Rassie.

Niklaas ·

Ons kan aanvaar daar was geen bespreking van wanbesteding , korrupsie en die SA misdaad statistieke op die gesels agenda nie. Nee . Praatjies oor lenings en beleggers aan SA was sekerlik geopper.

mattk ·

Ja, en hy gaan beslis ten minste ‘n paar keer, soos met al die hooggeplaaste indabas wat hy die afgelope tyd bygewoon het, melding maak van die Afrika state se agtergeblewe en sukkelende status en groooot bakhand met traan in die oog staan en geld bedel sodat hy en sy kaders hulself net nog verder kan verryk. Sies, Cyril, sies!!!!!

Karina ·

Ramaphosa gaan hierdie ‘staatsbesoek’ hollrug ry tot die verkiesing in 2024. Hy was gekies as die eerste President vir ‘n ‘staatsbesoek’ net soos Mandela Koninging Elizabeth ontmoet het. Die enigste ‘awww’ moment vir my was die Prinses van Wales wat absoluut pragtig gelyk het. Rampie, kom terug en sorteer jou land se probleme uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.