Foto’s: Reddingspoging van drenkeling

ʼn Man het Woensdag verdrink terwyl hy probeer het om die Illovo-rivier naby Amanzimtoti in KwaZulu-Natal oor te steek.

Chris Botha, woordvoerder vir Netcare911, het gesê die 32-jarige man was op pad werk toe. “Hy het in ʼn sleurstroom beland en is sowat 200m deur die water meegesleur voordat hy onder die water verdwyn het,” het Botha gesê. Duikers het sy liggaam omstreeks 12:00 opgespoor.

Alle foto’s: Netcare911
[nggallery id=89]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.