Foto’s volg onderaan die berig.
Nege mense is Dinsdagoggend deur paramedici gered nadat die Umbilo-rivier in Durban sy walle oorstroom het.
“Die slagoffers was almal haweloses wat onder die brug op die M4-deurpad geslaap het. Die watervlak het skielik gestyg en hulle vasgekeer,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, gesê.
Reddingswerkers het een persoon gered deur hom met toue oor die rivier te trek, die res is van bo die brug met toue na veiligheid gehys.