Foto’s: Reddingswerkers red nege mense van Durban-vloede

Foto’s volg onderaan die berig.

Nege mense is Dinsdagoggend deur paramedici gered nadat die Umbilo-rivier in Durban sy walle oorstroom het.

“Die slagoffers was almal haweloses wat onder die brug op die M4-deurpad geslaap het. Die watervlak het skielik gestyg en hulle vasgekeer,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, gesê.

Reddingswerkers het een persoon gered deur hom met toue oor die rivier te trek, die res is van bo die brug met toue na veiligheid gehys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.