Foto’s: Reën saai chaos in Gauteng

Motoriste probeer vloedwater in Witkoppenweg oorsteek. Foto: @14wade / Twitter

Motoriste probeer vloedwater in Witkoppenweg oorsteek. Foto: @14wade / Twitter

Minstens vyf mense moes Maandag uit vloedwater gered word na hewige reën oor groot dele van Gauteng.

Hendrik weg in Ruimsig, Johannesburg. Foto: @ReesMedic/Twitter

Hendrik weg in Ruimsig, Johannesburg. Foto: @ReesMedic/Twitter

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê twee mans en ʼn vrou is in Soweto gered nadat hulle deur vloedwater meegesleur is toe hulle ʼn rivier probeer oorsteek het. Talle paaie in Johannesburg moes intussen ook vir verkeer gesluit word weens vloedwater. Volgens hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, is daar tussen 6:00 en 11:00 vanoggend 52 ongelukke in Johannesburg aangemeld.

Nooddienste op die toneel by die laagwaterbrug in Centurion.

Nooddienste op die toneel by ‘n laagwaterbrug in Centurion.

In Pretoria is twee mans gered nadat hulle in die Jukskeirivier in Centurion beland het. Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane nooddienste, sê een van die mans kon daarin slaag om in ʼn boom te klim terwyl die ander man onder die Gautrein-brug vasgekeer was. Pieterse sê dit is nog nie duidelik hoe die mans in die rivier beland het nie. Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verder behandeling. Talle paaie in Centurion is ook vir verkeer gesluit weens die vloedwater.

Centurion-meer in vloed. Foto: @nicolaaswa/Twitter

Centurion-meer in vloed. Foto: @nicolaaswa/Twitter

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê intussen dat die hewige reën in die provinsie teen Dinsdagoggend sal begin afneem. “Vandag voorspel ons ʼn 80% kans vir reën tot en met Dinsdagoggend.” Bongani Chibi, ʼn weervoorspeller, sê daarna word verspreide donderbuie verwag tot Donderdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fanie van Heerden ·

Loop die Jukskeirivier deur Centurion (Verwoerdburg)?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.