Foto’s: Reën saai chaos in Oos-Kaap

Foto: Keryn van der Walt/NSRI

Nooddienswerkers moes die naweek bontstaan om mense uit vloedgeteisterde gebiede in die Oos-Kaap te red nadat swaar reën oor dele van die provinsie geval het.

Sondagoggend het ʼn vyfjarige seuntjie van Buffalo Flats verdrink nadat hy in ʼn rivier geval het. Kapt. John Fabian, woordvoerder van Oos-Kaapse rampbestuur, sê die seuntjie se liggaam is sowat ʼn uur later naby Duncan Village gevind. Hy sê ʼn onbekende getal mense is dood nadat hulle riviere probere oorsteek het of hulle motors deur vloedwater meegesleur is. Saterdag is drie mense dood in Witteklip, Kleinskool en Koffiebaai.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Sondag sowat 76 mense langs die Swartkoprivier ontruim. Niemand is beseer nie. Die NSRI in Port Alfred het ook die munisipaliteit bygestaan om ʼn tydelike pad en brug te bou nadat dit deur vloedwater meegesleur is. Volgens die NSRI is talle mense uit verskeie gebiede ontruim.

[nggallery id=82]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.