Sondagoggend het ʼn vyfjarige seuntjie van Buffalo Flats verdrink nadat hy in ʼn rivier geval het. Kapt. John Fabian, woordvoerder van Oos-Kaapse rampbestuur, sê die seuntjie se liggaam is sowat ʼn uur later naby Duncan Village gevind. Hy sê ʼn onbekende getal mense is dood nadat hulle riviere probere oorsteek het of hulle motors deur vloedwater meegesleur is. Saterdag is drie mense dood in Witteklip, Kleinskool en Koffiebaai.
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Sondag sowat 76 mense langs die Swartkoprivier ontruim. Niemand is beseer nie. Die NSRI in Port Alfred het ook die munisipaliteit bygestaan om ʼn tydelike pad en brug te bou nadat dit deur vloedwater meegesleur is. Volgens die NSRI is talle mense uit verskeie gebiede ontruim.
[nggallery id=82]