Foto’s: Restaurant met toilet-tema oopgemaak

Die Magic Restroom Cafe het onlangs in Kalifornië, Amerika, sy deure oopgemaak

Die Magic Restroom Cafe het onlangs in Kalifornië, Amerika, sy deure oopgemaak

Nog foto’s volg onderaan die berig. Die Magic Restroom Cafe, wat onlangs in Kalifornië oopgemaak het, is Amerika se eerste restaurant met ʼn toilet-tema.

Al die disse, sitplekke en kositems fokus op toilette, badkamers en menslike liggaamsfunksies. Klante sit bo-op toilette en kan disse van die spyskaart af bestel soos “golden poop rice”, “black poop” (sjokoladefudge) en “smells like poop” (gebraaide vark wat bo-op rys bedien word).

Die disse word in miniatuur-toiletjies bedien.

Dit is die eienaar, YoYo Li van China, se eerste restaurant. Sy het besluit om haar restaurant op dié tema te baseer nadat sy die gewildheid van Modern Toilet-restaurante in China en Taiwan gesien het.

Magic Restroom Cafe het sy deure op 11 Oktober oopgemaak, maar die dekor ontvang tans beter resensies as die kos. Die amptelike opening is later vandeesmaand.

Klik op een van die foto’s vir ‘n groter weergawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Somerset Morkel ·

Wel, uitstekende idee… Die kos is seker nie baie goed nie… Gaan sommer regdeur…!

Strawberry ·

Ag sies!! Sal sommer my eetlus verloor. Dink nie dis so goeie idee nie. Dankie maar nee dankie. Jig!!!!!! Dink dis n klomp poop die. Hahahaha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.