Foto’s: Reuse liefdesgebaar: ‘n hartjietuin met ‘n verskil

Winston Howes, ‘n boer van Brittanje, het ná die skielike afsterwe van sy vrou, Janet, besluit om ‘n unieke liefdesgebaar aan haar op te dra.

Howes het 17 jaar gelede 6 000 eikebome in ‘n nabygeleë veld in ‘n hartvorm aangeplant, berig Huffington Post. Howes het nooit beplan om sy “geheime tuin” bekend te maak nie, maar ‘n warmlugballon-entoesias, Andy Collett, het verlede week op dié merkwaardige prentjie afgekom en ‘n paar foto’s geneem.
“Dit was die mooiste ding wat ek nog uit die lug gesien het,” het Collett gesê. “Dit was ‘n perfekte hartjie. Mens sou nooit geweet het dit is daar nie. Mens kan jouself net die liefdesverhaal verbeel!”

Die punt van die hart wys in die rigting van Wotton Hill, waar Janet grootgeword het, en daffodille blom glo in die middel van die hart elke lente.

Die foto’s sluit twee foto’s van Winston en Janet Howes in: een foto is in 1960 geneem en een in 1994.

[nggallery id=51]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.