Foto’s: Rugbyspeler se romantiesste Valentynsdag

Willie du Plessis en die hulpvaardige groep graad 1s Foto aan Maroela Media verskaf deur Carla Peens

Willie du Plessis en die hulpvaardige groep graad 1s Foto aan Maroela Media verskaf deur Carla Peens

Nog foto’s volg onderaan die berig. Willie du Plessis, ʼn rugbyspeler vir die Leeus, het Vrydag ʼn span graad 1s ingespan om sy meisie om haar hand te vra.

Willie se sussie, Cindy, werk as ʼn assistent by Laerskool Rooihuiskraal in Centurion saam met Willie se meisie, Carla Peens. Cindy was kop in een mus met Willie om die jongspan oor te haal om die bordjies, waarop die woorde, “Sal jy met my trou”, geskryf staan, in die lug te hou.

“Cindy het Vrydagoggend na my klas toe gekom en gesê sy wil gou met my in die stoorkamer gesels,” het Carla aan Maroela Media gesê. “Toe ons uitkom, staan die ry graad 1s daar saam met Willie. Ek was so geskok!” Sy sê hy het daarna op sy knie gehurk om haar formeel die groot vraag te vra. Die kinders het glo grootoog die hele affêre dopgehou.

Willie en Carla het mekaar ongeveer 13 maande gelede by ʼn gesamentlike vriend se 21ste verjaarsdagpartytjie ontmoet. “Cindy het ná die partytjie by die skool my telefoonnommer gekry. Ons het ontbyt gaan eet, en alles het van daar af vlot verloop.”

Hulle het glo al vantevore gepraat van verloof raak en trou, maar Carla was onbewus van dit wat Willie in die mou voer. Hulle het vroeër die week saam haar ouers se toestemming gevra. “Alles het sommer binne een week gebeur!” sê sy.

Willie en Carla is altwee oorspronklik van Centurion.

Die gelukkige paartjie Foto aan Maroela Media verskaf deur Carla Peens

Die gelukkige paartjie Foto aan Maroela Media verskaf deur Carla Peens

Willie en Carla en die groep graad 1s Foto aan Maroela Media verskaf deur Carla Peens

Willie en Carla en die groep graad 1s Foto aan Maroela Media verskaf deur Carla Peens

Willie du Plessis en die hulpvaardige groep graad 1s Foto aan Maroela Media verskaf deur Carla Peens

Willie du Plessis en die hulpvaardige groep graad 1s Foto aan Maroela Media verskaf deur Carla Peens

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.