Foto’s: Sandstorm in die Richtersveld

Foto’s van die sandstorm volg onderaan die berig. ‘n Hewige sandstorm het die Richtersveld Nasionale Park Sondag getref.

Pieter van Wyk, ‘n omgewingsmoniteerder by die Richtersveld Nasionale Park en een van Maroela Media se lesers, sê dit was Sondagoggend nog heerlik warm by Sendelingsdrift in die Richtersveld. “Omstreeks 10:30 het ek gemerk dat daar ‘n rooi wolk uit die Namib-woestyn opsteek en skaars ‘n halfuur later het ‘n erge wind begin waai,” skryf Van Wyk. “Teen 11:30 was die son heeltemal uitgeblok en het dit soos sonverduistering gelyk.”

Volgens Van Wyk het die wind só sterk gewaai dat dit takke van bome af geruk, straattekens omgewaai en plate opgelig het.

“‘n Reuse warrelwind of klein tornado het omstreeks 12:00 oor die noordelike deel van die dorp getrek saam met enkele druppels, die wind het bome omgegooi en die nette by die Richtersveld-park se kwekery afgeruk. Daar was skaars ‘n twee meter sug, toe die warrelwind oor beweeg het. Die hele omgewing het tot stilstand gekom, dit reën sand!”

Sandstorm in die Richtersveld Foto: Pieter van Wyk

Sandstorm in die Richtersveld Foto: Pieter van Wyk

Sandstorm in die Richtersveld Foto: Pieter van Wyk

Sandstorm in die Richtersveld Foto: Pieter van Wyk

Sandstorm in die Richtersveld Foto: Pieter van Wyk

Sandstorm in die Richtersveld Foto: Pieter van Wyk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.