Foto’s: SA’ners gaan van Rusland na Amerika swem

Die vyf spanmaats staan by ‘n ysswembad.

Foto’s van die atlete volg onderaan die berig. Vyf Suid-Afrikaners gaan aan die begin van Augustus as ʼn aflosspan die 110km regoor die ysige see tussen Rusland en Amerika aanpak.

Ryan Stramrood, Kieron Palframan, Toks Viviers, Andrew Chin en Ram Barkai sal komende naweek by sowat 50 internasionale swematlete aansluit in ʼn aflospoging om die Bering-seestraat met slegs ʼn Speedo-baaikostuum, swemkep en -bril oor te steek. Die watertemperatuur is ongeveer 4 grade Celsius.

Alhoewel die roete sowat 82km lank is, sal hulle na verwagting sowat 110km aflê weens seestrome. Hulle verwag om die uitmergelende uitdaging op 1 Augustus binne 48 uur te voltooi.

Boonop kan die deelnemers ook walrusse en moordwalvisse te wagte wees.

Barkai, voorsitter van die Internasionale Ysswemvereniging, het gesê die uitdaging beloof om ʼn “epiese avontuur” en ʼn “ware toets van fisiese en geestelike uithouvermoë” te wees. “Ons beplan om met elke interval sowat 15 tot 20 minute lank te swem, om seker te maak die atleet se liggaam herstel voordat hy 10 ure later weer die uitdaging moet herhaal. Om die liggaam aan sulke temperature bloot te stel eis sy tol en ons verwag dat sommige van die deelnemers nie die uitdaging sal voltooi nie – wat verdere druk op die res van sy spanmaats sal plaas.”

Klik hier om die uitdaging op Facebook te volg.

Alle foto’s met vergunning van Speedo.
[nggallery id=143]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.