Foto’s: Seerower-gyselaars vrygelaat

Bruno Pelizzari en Debbie Calitz.

Die twee Suid-Afrikaners wat nagenoeg twee jaar lank deur Somaliese seerowers as gyselaars aangehou is, is vroeg Donderdagoggend vrygelaat. Debbie Calitz en Bruno Pelizzari, sal na verwagting later vandag terugvlieg huis toe.

Carlitz  en Pelizzari, oorspronklik van Durban, is op 26 Oktober 2010 deur seerowers ontvoer terwyl hulle aan die kus van Tanzanië met hul seiljag gevaar het.

Hul vrylating is tydens ‘n mediakonferensie by die presidensiële paleis in Mogadisjoe bevestig. Hulle het gelukkig, maar baie moeg gelyk. Suid-Afrika se internasionale betrekkinge het gesê alle reëlings is getref om hulle na Suid-Afrika terug te bring. Dit is nog nie bekend of die paartjie se losprys van $4-miljoen betaal is, en of hulle gered is nie.

Hier is foto’s van hul vrylating en sien ‘n klankopname hieronder wat van hul stemme gemaak is terwyl hulle nog as gyselaars aangehou is.

[nggallery id=44]

http://youtu.be/fW-gdarRHSs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.