Foto’s: Ses sterf, 15 beseer in Centurion-botsing

Die taxi wat gerol het. Foto: @taniakrige / Twitter

Die taxi wat gerol het. Foto: @taniakrige / Twitter

Waarskuwing. Die foto onderaan die artikel mag sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Ongeluk op die N14-snelweg in Centurion het Woensdagoggend die lewens van ses mense geëis.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het net na die R511-afrit in die rigting van Krugersdorp plaasgevind.

“Die bestuurder van ʼn minibustaxi het beheer oor die volgelaaide voertuig verloor, waarna dit omgeslaan en verskeie kere gerol het,” het Steinmann gesê. Verskeie passasiers is uit die voertuig geslinger terwyl dit gerol het. Die wrak het in die middel van die snelweg tot stilstand gekom.

Ses mense is op slag dood, een het kritieke beserings opgedoen, en 14 mense het matige na ernstige beserings opgedoen. Owerhede moes die hoofweg vir verkeer sluit terwyl ʼn helikopter van ER24 geland het om die kritiek-beseerde pasiënt na ʼn nabygeleë hospitaal te neem. Die res van die beseerdes is met ambulanse na verskeie hospitale geneem vir behandeling en waarneming.

Die pad was vir ʼn geruime tyd gesluit sodat die polisie die ongeluk kon ondersoek en die toneel kon opruim.

Foto: @Datasp_ / Twitter

Foto: @Datasp_ / Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Trudie Erasmus ·

Weer ‘n verdomde minibus! Askuus my woord, maar hoeveel mense ongeag hul kleur, is al dood agv van taxis? Die goed moet van die pad af!!

Magriet Krüger ·

Die spoed limiet op minibusse is 100km p/h. Sodra hierdie bussie oor die die limiet gaan, raak hy onstabiel. Hoekom doen die verkeerspolisie nie iets om die spoedbeperking af te dwing nie? Hoeveel mense lewens moet nog verloor word?

Henko ·

Ek wil graag weet, die berig meld dat die taxi vol was, was hy net volgelaai, of OORLAAI?

Kenko ·

6 dood en 14 beseer. Lyk soos ‘n 12 sitplek bus.Geen melding van ander voertuie betrokke nie. Ek sou reken dis oorlading. Maar die taxidrywer sal waarskynlik gedink het hy is halfvol gelaai.

HARRY ·

DIT IS TAXIS WAT DIE MEESTE LEWENS EIS, OMDAT HULLE NIEMAND ANDERS IN AG NEEM NIE.

Natasha ·

21 mense in die Taxi en hy mag net 16 oplaai . Hoeveel mense gaan hierdie kers seisoen hulle lewens verloor as gevolg van taxi`s .

Henko ·

Natasha, dis waar, en hou ook ingedagte die vragmotors en busse wat deesdae gereeld in die nuus is as gevolg van arrogansie op die paaie.

Ek stem saam met Trudie en Harry, ons landspaaie sal baie veiliger wees sonder taxi’s om mens se siel te versondig.

gerrit potgieter ·

dis hoog tyd dat die owerhede iets doen aan die taxi – probleem want hulle is die oorsaak v. meeste ongelukke op ons paaie – hulle is oorlaai en gewoonlik onpadwaardig nog ook! en dan dink die taxi bestuurders hulle is al mense op die pad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.