Foto’s: Sewe sterf in Wesrand-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Sewe mense, waaronder ʼn nege maandeoue baba, is dood toe twee voertuie mekaar Saterdagmiddag reg van voor in die Wesrand getref het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het op die N14 tussen Ventersdorp en Krugersdorp plaasgevind.

“ʼn Sedan en ʼn bakkie was in die botsing betrokke. Dit wil voorkom of digte rook van ʼn veldbrand die ongeluk veroorsaak het. Die sigbaarheid was baie sleg,” het sy gesê.

Sy het gesê al ses mense, drie mans, twee vrou en die baba in die sedan is op slag dood. Die mense in die bakkie is met ernstige beserings na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. ʼn Vrou is met ʼn helikopter na die Fourways Life-hospitaal geneem, en het daar aan haar beserings beswyk.
n14 2

n14 1

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasper ·

Rook van n veldbrand het nie die ongeluk veroorsaak nie. Mense was die oorssaak.

Paul ·

Goed gestel Jasper. Dis nie voertuie wat botsings veroorsaak nie, dit is mense!!

Madelein Herbst ·

Die “mense” in die sedan het aan die verkeerde kant van die pad gery a.g.v die swak sig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.