Foto’s: Skole sluit weens reën; nog reën verwag

Hoërskool Monument in Krugersdorp Foto: @medusathegypsey, Twitter

Hoërskool Monument in Krugersdorp Foto: @medusathegypsey, Twitter

Nog foto’s volg onderaan die berig. Inwoners van Johannesburg kan glo nog reën en oorstromings oor die volgende paar dae te wagte wees.

“Daar is ʼn 60% kans vir reën vir Johannesburg vir Vrydagaand en Saterdag en dit kan tot oorstromings lei,” het Edwin Thema, weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Vrydag gesê. “Daar is slegs geïsoleerde buie vir volgende week.”

Bertha Peters-Scheepers, woordvoerder vir die Johannesburgse Padagentskap (JRA), het gesê daar was kitsvloede in Bramfischerville in Soweto, die Jukskei-gebied en die Thulani/Doornkop-gebied naby Krugersdorp, ook in Wilgeheuwel naby Clearwater-winkelsentrum. Boonop is daar ook ʼn blokkasie in ʼn stormwaterafvoerpyp in Banfieldweg in Industria-noord. Die JRA probeer dié probleem so gou as moontlik uitsorteer.

Die JRA is bekommerd oor padversperringstekens in Chris Haniweg en Klipvalleyweg in Soweto wat gereeld deur die inwoners verwyder word.

Laagwaterbrûe in Stockwelllaan, Bridgeweg, Bryanstonrylaan en Witkoppenweg is ook oorstroom.

Hoofsupt. Wayne Minnaar van die Johannesburgse metropolisie het gesê ʼn minibustaxi met skoolkinders het Vrydag omstreeks 15:00 in die water in New Canadaweg in Soweto vasgesit. Nooddienste moes die bussie na veiligheid stoot.

Agt skole in die noordelike dele van Johannesburg, insluitend Cosmo City, Zandspruit en Lion Park het ontwrigtings weens erge oorstromings aangemeld.

Twee mense is vroeër in Diepsloot gered nadat hul motor in die vloedwater beland het. Hulle is ongedeerd.

Intussen berig EWN ook dat Hoërskool Monument in Krugersdorp sy deure moes sluit ná oorstromings by die skool. Klaskamers is beskadig en ʼn muur het ineengestort.

-SAPA, EWN

Hoërskool Monument Foto: @janvr11, Twitter

Hoërskool Monument Foto: @janvr11, Twitter

Hoërskool Monument in Krugersdorp Foto: @medusathegypsey, Twitter

Hoërskool Monument in Krugersdorp Foto: @medusathegypsey, Twitter

Hoërskool Monument Foto: @marlineefouche, Twitter

Hoërskool Monument Foto: @marlineefouche, Twitter

Swartkop-gholfbaan (brug by die tweede putjie) Foto: Paul Kommer

Swartkop-gholfbaan (brug by die tweede putjie) Foto: Paul Kommer

Swartkop-gholfbaan Foto: Paul Kommer

Swartkop-gholfbaan Foto: Paul Kommer

Swartkop-gholfbaan Foto: Paul Kommer

Swartkop-gholfbaan Foto: Paul Kommer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.