Foto’s: Skoolmeisie kritiek na bakkie haar raakry

ʼn 12-jarige skoolmeisie veg om haar lewe nadat sy Dinsdagoggend deur ʼn voertuig in Kingsburgh, KwaZulu-Natal, raakgery is.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het in Kingswayweg naby Warner Beach plaasgevind.

“Na wat verneem word, het die kind oor die pad gehardloop om die sonsopkoms oor die see af te neem, toe ʼn bakkie haar omstreeks 06:20 getref het,” het Botha gesê.

Die kind is sowat 10 meter deur die lug geslinger en het op haar rug geland. “Paramedici het gespook om die krities gewonde kind te stabiliseer. Sy is op ʼn spesiale draagbaar geplaas en met ʼn ambulans na die Prince Mshiyeni-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.