Foto’s: Skote klap in Gauteng

'n Toneel van die Wadeville-skietery. Foto: Twitter

‘n Toneel van die Wadeville-skietery. Foto: Twitter

Waarskuwing: Die foto onderaan die artikel is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.

Daar was Donderdag binne twee ure twee afsonderlike skietvoorvalle in Gauteng.

Die eerste voorval in Waydeville, Germiston, word as ʼn toneel uit ʼn fliek beskryf.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê vier mense is dood toe daar ʼn skietery buite ʼn skrootwerf in die gebied plaasgevind het. Agt mense is gewond, waarvan vyf kritiek beseer is. “Twee van die kritiek beseerde pasiënte moes met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem word.”

Gerugte dui daarop dat drie van die mans wat dood is, vermeende rowers is, en een ʼn polisieman.

Lt.kol. Katlego Mogale, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê ‘n onbekende hoeveelheid mans het na bewering ʼn sakeman van ʼn bank af agtervolg. Die polisie het ʼn wenk ontvang en die vermeende rowers glo naby die skrootwerf ingewag waar ʼn oor-en-weer-skietery gevolg het.

Volgens Mogale het die polisie vier verdagtes op die toneel in hegtenis geneem. “Dit is in die stadium nog nie bekend hoeveel verdagtes gevlug het en of hulle met enige geld weggekom het nie. Die ondersoek duur voort,” het Mogale gesê.

Die tweede voorval het by die Glen Village-winkelsentrum in Pretoria plaasgevind. ʼn Ooggetuie het aan JacarandaFM vertel sy en haar kinders was vir ontbyt by ʼn restaurant in die sentrum toe twee mans opgespring en die restaurant beroof het. Sy en haar kinders het saam met ander klante in ʼn rookarea gaan wegkruip waar sy twee skote gehoor het. Sy sê hulle het van die toneel gevlug toe “dinge begin stil raak het”. Maroela Media wag nog vir amptelike kommentaar van die polisie oor dié voorval. Dit is nog nie duidelik of iemand in die voorval beseer is nie.

Twee vermeende rowers lê gewond in die pad. Foto" EWN

Twee vermeende rowers lê in die pad in Waydeville. Foto: EWN

Nog 'n foto van die Wadeville-insident. Fotot: @SAR_K9_unit/Twitter

@SAR_K9_unit/Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

PURE SA ·

Dis reg, ek werk lang ure vir my geld en so moet hulle ook. Bly dat hulle nie weer KAN roof nie

Dries ·

Al wat my ontstel van die foto’s is dat daar so min van die dooie drek is!!!!

Erich Goosen ·

Ken nie so ‘n plek soos Waydeville nie – is dit nie dalk Wadeville nie?

Griet ·

Skokkend om te moet erken – Wat die soort berig en/of foto’s betref: ek is beslis nie ‘n sensitiewe leser nie.

Knap gedaan SAPD! Bitter spyt een van julle eie is noodlottig getref. Sterkte aan die familie en kollega’s van die oorlede polisie lid.

RIA ·

KNAP GEDAAN SAP. AS DAAR MEER SULKE GEVALLE IS SAL ONS OU MENSE SE LEWENS SEKER GESPAAR KAN WORD

Dave ·

sensitief…… wat is sensitief daaraan? dit is twee crooks wat gekry het wat hulle lankal moes kry…! plaas nog sulkes. die fotos van die slagoffers in Kenya is sensitief…

Johan Kruger ·

Ons bly in Suid Afrika… Kry mens nog sensitiewe lesers?

frikkie ·

Vermeende rowers, jy mag nie vermeende rowers skiet nie. Ek gaan vang elke oggend n vermeende plasie .

Blanke Boerevolk ·

Te veel inligting word deur Kasiere aan skelms gegee en dan word die kliente agtervolg en beroof. Ek se genoeg is genoeg. Dagvaar die banke wat “skelms se informante” indiens het. Geen genade vir n krimmineel nie.

Jasper ·

n Foto van n renosterkalfie by haar dooie ma ontstel my dalk.
Let op na die boonste foto. Onse man staan vas terwyl “regstellend” hasepad kies.

Annatjie ·

Daai foto is voorwaar ‘n baie mooi gesig hoop om nog meer sulkes vinnig opmekaar te sien

BlinkStefaans ·

Ag lekker man lekker! Dis net n jammerte van die polisieman wat ook omgekom het, my gedagtes is by sy vriende en familie wat hy agterlaat

Bets Botes ·

Dis nou vir ‘n slag goeie nuus!!!!!!!! En daar is beslis niks wat sensitief is daaraan nie. Plaasmoorde is sensitiewe materiaal!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.