Foto’s: Snelweg in PTA gesluit ná ongeluk

Foto deur die gebruiker @itrafficgp op Twitter gelaai

Die N1-afrit in ‘n noordelike rigting op die R21-snelweg in Pretoria is Maandagmiddag gesluit ná ‘n vragmotorongeluk diesel op die padoppervlak gemors het.

Die twee insittendes het verskeie beserings opgedoen nadat die bestuurder beheer oor die vragmotor verloor en in die snelwegversperring vasgery het. “Die vragmotorbestuurder wou glo van die R21 na die N1-snelweg in Elarduspark verwissel toe die ongeluk plaasgevind het. Beide pasiënte was buite die vragmotor toe paramedici en nooddienspersoneel opgedaag het,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 gesê. Die kajuit van die vragmotor is erg beskadig.

Een van die mans, wat deur omstanders uit die wrak gehelp is, het verskeie gebreekte bene en borsbeserings opgedoen. Hy is na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die tweede pasiënt het verskeie snye en kneusplekke opgedoen en hy is na die Tshwane-distrikshospitaal geneem.

Foto deur die gebruiker @bassjeff op Twitter gelaai

Dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar die vragmotor was glo die enigste voertuig wat in die ongeluk betrokke was. Die polisie sal die voorval ondersoek.

Die pad is steeds vir verkeer gesluit om die diesel, wat oor die pad gelek het, skoon te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.